Bible

Upgrade

Your Church Presentations in Minutes

Try RisenMedia.io Today!

Click Here

2 Thessalonians 3

:
Afrikaans - AFR20
1 Ten slotte, broers, bid vir ons, dat die woord van die Here vinnig sy loop sal neem, en net soos by julle, geprys sal word,
2 en dat ons gered sal word van die kwaadwillige en bose mense; want nie almal het geloof nie.
3 Maar die Here is getrou; Hy sal julle versterk en van die Bose bewaar.
4 Deur die Here vertrou ons dat julle ook dit doen, en sal aanhou doen, wat ons julle beveel het.
5 Mag die Here julle harte rig op die liefde van God en die volharding van •Christus.
6 Maar ons beveel julle in die Naam van ons Here Jesus Christus, broers, dat julle elke broer moet vermy wat hom onordelik gedra, en nie optree volgens die oorlewering wat hulle van ons ontvang het nie.
7 Julle weet tog self hoe nodig dit is dat julle ons voorbeeld volg. Ons het ons immers nie onordelik onder julle gedra nie;
8 ons het niemand se brood sonder betaling geëet nie, maar met swoeg en sweet, bedags en snags gewerk, sodat ons vir niemand van julle 'n las sou wees nie
9 nie dat ons nie die reg daartoe gehad het nie, maar sodat ons onsself vir julle as voorbeeld kon stel om na te volg.
10 Want juis toe ons by julle was, het ons julle steeds beveel dat iemand wat nie wil werk nie, ook nie behoort te eet nie.
11 Want ons het gehoor dat sommige van julle onordelik optree, en nie wil werk nie, maar oral inmeng.
12 Ons raai sulke mense aan, ja, deur die Here Jesus Christus spoor ons hulle aan, om hulle dagtaak kalm te verrig, en so hulle eie brood te verdien.
13 Maar julle, broers, julle moenie moeg word om goed te doen nie.
14 As iemand egter nie ons opdrag in hierdie brief gehoorsaam nie, merk hom, en vermy hom, sodat hy skaam kry.
15 Julle moet hom egter nie as 'n vyand beskou nie, maar vermaan hom as 'n broer.
16 Mag die Here van vrede self, te alle tye en op elke manier, vir julle vrede gee. Die Here bly met julle almal.
17
18